DA looi ANCYL oor Jansen-uitlatings
2009-10-28 16:16
Kaapstad - Die DA het Woensdag 'n klag van intimidasie teen Thebe Meeko, die Vrystaatse voorsitter van die ANC-jeugliga, ingedien.
Dít volg na Meeko volgens berigte in die media gesê het die visekanselier van die Universiteit van Vrystaat, prof. Jonathan Jansen, moet "geskiet en doodgemaak word omdat hy 'n rassis is".
Dié party het Dinsdag 'n klag van haatspraak by die gelykheidshof teen Meeko ingedien.
Wilmot James, 'n woordvoerder van die DA, het gesê die ANCYL sê nou "hy het verwys na rassisme en nie na Jansen nie".
"Ons het 'n klag by die gelykheidshof ingedien oor Meeko se uitlatings. Dié uitlatings dui duidelik op haatspraak. Dié gedrag is teenstrydig met die grondwet," het hy gesê.
"Dit is 'n skande en 'n vernedering vir die land, die ANC en regering."
– Sapa