DA lê klagtes oor polisie se huurkontrakte
2011-08-07 13:56
Johannesburg – Die DA het kriminele klagte teen vier mense genoem in die Openbare Beskermer se bevindinge oor die huurkontrakte vir polisiehoofkwartiere gelê.
Die klagtes is Vrydag teen die polisiehoof Bheki Cele, die minister van publieke werke Gwen Mahlangu-Nkabinde, die beisgheidsman Roux Shabangu en die direkteur-generaal van publieke werke Siviwe Dongwana gelê, het die voorsitter van die DA se federale raad, Wilmot James, Sondag gesê.
James en die DA-woordvoerder, Debbie Schafer, het in ‘n verklaring gesê die klagtes is gelê na Madonsela se bevindinge die huurkontrakte vir die geboue in Pretoria en Durban onreëlmatig verklaar het.
Madonsela het verlede maand gesê die huurkontrakte van die gebou in Durban sou R1.16 miljard oor ‘n tydperk van 10 jaar werd wees terwyl dié van die gebou in die Middestad-gebou in Pretoria oor dieselfde tydperk R604 miljoen sou kos.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA