DA kla LP van wangedrag aan
2011-12-13 18:59
Kaapstad – Die DA-LP Masizole Mnqasela is deur die party se federale regskommissie van verskeie gevalle van wangedrag aangekla, het die SABC Dinsdag berig.
Mnqasela het aan die uitsaaier bevestig dat hy deur die voorsitter van die party se regsliggaam, wat dissiplinêre sake hanteer, gebel is. Hy is ingelig dat klagtes teen hom geformuleer is.
Hy het aan die uitsaaier gesê hy het die klagstaat, insluitende ‘n lys getuies, ontvang, maar wou nie sê waarvan hy aangekla word nie.
“Ek kan nie dit bespreek nie. Die mense wat my aangekla het moet julle vertel. Ek sal dit aankondig sodra ek my regspan gekonsulteer het.”
Mnqasela het onlangs opskrifte gehaal toe hy Helen Zille, DA-leier, se besluit om Lindiwe Mazibuko te ondersteun om Athol Trollip as parlementêre leier te vervang, bevraagteken het.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA