DA-kandidaat jammer oor Facebook-uitlatings
2011-05-13 14:44
Johannesburg – 'n Verkiesingskandidaat van die DA het om verskoning gevra nadat hy metropolisiebeamptes op sy Facebook-blad gedreig en beledig het, het The Star berig.
Carlos da Rocha, 'n kandidaat vir wyk 66 in die Betrams/Bez Valley-gebied, het op Facebook"ontplof" nadat hy beboet is omdat hy nie 'n sitplekgordel gedra het nie.
Da Rocha het gesê dit is 'n simpel fout wat hy meer as twee jaar gelede begaan het.
Hy het geskryf: "You know ma china very soon im gonna let one have it (referring to metro
cops) with a pick handle. its coming and its closer than they
realise..."
'n Ander inskrywing het gelui: "I feel that these metro cops are a bunch of faggots... ."
Da Rocha het onvoorwaardelik om verskoning gevra vir sy aanmerkings. Hy het gesê hy is jammer hy het sy "familie en die DA" verneder.
"As ek enigeen te na gekom het, vra ek om verskoning – die gemeenskap verdien dit nie. Ons almal maak foute en ek het goed gesê wat 'n politikus nie moet sê nie."
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA