DA kan Simelane nie lig
2010-11-10 15:55
Johannesburg – Die DA se aansoek om Menzi Simelane, hoof van die nasionale vervolgingsgesag, te verwyder, is Woensdag deur die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys.
Die DA het verlede jaar ‘n dringende aansoek voor die hooggeregshof gebring omdat hulle gekant was teen Simelane se aanstelling deur pres. Jacob Zuma. Volgens die party is Simelane nie die geskikte persoon vir die werk nie.
James Selfe, voorsitter van die DA, het gesê die party gaan Woensdagmiddag vergader om die bevinding van die hooggeregshof te bespreek.
Die party sal dan ook besluit of hulle gaan appelleer en of hulle die aangeleentheid na die konstitusionele hof gaan neem.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA