'DA kan die land voor 2020 regeer'

2011-12-12 07:35
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – As die DA die tekens en tendense reg lees en homself in die nierassige sentrum van die politieke spektrum vestig, sal hy Suid-Afrika voor die einde van die dekade regeer.

Só het Helen Zille, DA-leier en Wes-Kaapse premier, Sondag in die party se weeklikse aanlyn-nuusbrief, SA Today, geskryf.

Zille het tot dié gevolgtrekking gekom nadat sy die uitslae van die tussenverkiesings in Thaba Chweu in Mpumalanga, Thembelihle in die Noord-Kaap en Qwa-Qwa in die Vrystaat ontleed het.

Ses maande gelede het die ANC al drie dié wyke maklik gewen. Nou is drie ander partye daar in beheer.

Die DA het wyk 10 in Thaba Chweu 52,6% van die stemme gewen, teenoor die ANC se 47,3%.

“Die stempersentasie was byna dieselfde in die tussenverkiesing as in die plaaslike regeringsverkiesing in Mei vanjaar. Dit beteken die afname in steun vir veral die ANC is betekenisvol. Dit beteken mense wat in Mei vir die ANC gestem het, het verlede week vir die DA gestem,” lui Zille se brief.

In Thembelihle in Hopetown, het ’n onafhanklike kandidaat stof in die oë van die ANC geskop, terwyl die Dikwankwetla party koning gekraai het in die wyk in Qwa-Qwa. Die ANC het nie hier ’n kandidaat gestel nie.

Volgens Zille sal dié tussenverkiesings die keerpunt in die Suid-Afrikaanse politiek simboliseer.

Sy het gesê al meer stoere ANC-ondersteuners raak toenemend gemaklik daarmee om vir opposisiepartye te stem.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: politiek  |  da

Lewer kommentaar op hierdie artikel
43 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Stem Reon, enige ouer wat sy kind alleen los, veral in hierdie land, maak nie saak waar nie, IS moertoe Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.