DA in hof oor Simelane
2009-12-11 13:47
Pretoria - DA leier Helen
Zille het hofstukke in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien, wat die aanstelling van Menzi Simelane as die nasionale direkteur van openbare vervolgings betwis.
Zille sê president Jacob Zuma het buite sy magte opgetree deur 'n persoon aan te stel wat nie vir die pos geskik is nie.
Zille sê ook sy glo die besluit is geneem met die hoofdoel om prominente ANC-leiers, insluitend die president, teen vervolging te beskerm.
"Ons glo nie dat advokaat Simelane geskik is vir die pos nie. Hy glo nie aan die onafhanlikheid van die regstelsel nie en dit sal bloot 'n tak van die ANC word" het sy buite die hof gesê.
- Sapa