DA gee Zuma 3 uit 10
2009-12-10 14:55
Kaapstad - Selfs pres. Jacob Zuma se sjarme kon nie help om hom ‘n beter punt op die DA se jaarlikse verslagkaart van kabinetslede te besorg nie.
"Sjarme mag dalk president Jacob Zuma se grootste wapen wees, maar hy is ‘n gevaar vir die grondwet," het die DA gewaarsku.
“Ons het besluit op drie uit 10 as ‘n punt vir die president,” het Helen Zille gesê, maar terselfdertyd het sy erken dat sy baie by Zuma oor sjarme kan leer.
Zille het gesê indien Zuma nie gekeer word nie, hy in die geskiedenisboeke beskryf sal word as die president wat Suid-Afrika se grondwet “vernietig” het.
“In plaas van ‘n effektiewe rem op magsmisbruik te plaas word onafhanklike instansies net ‘n uitbreiding van die ANC en instrumente van dié party se magsmisbruik,” het Zille gesê.
Zuma was nie die enigste lid van die kabinet wat swak gevaar het op die DA se verslagkaart nie.
Noluthando Mayende-Sibiya, die minister van vroue, kinders en gestremdes en Membathisi Mdladlana, minister van arbeid, het albei 2.5 uit 10 behaal.
Die DA het ‘n punt van 4.9 uit 10 vir die kabinet as ‘n geheel gegee.
- Sapa