DA gaan LP aankla wat baie reis

2010-10-15 08:16
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Dr. Manie van Dyk, die DA-LP wat die parlement in die laaste boekjaar derduisende rande uit die sak gejaag het met padreis-eise, gaan deur dié party aangekla word.

Hy gaan daarvan aangekla word dat hy die party se federale grondwet oortree het en die DA in oneer gebring het deur na bewering dié eise in te stel.

Só het Hendrik Schmidt, DA-LP en die voorsitter van die party se federale regskommissie, Donderdag by navraag aangekondig.

Schmidt het gesê ofskoon die klagstaat nog opgetrek moet word, word Van Dyk daarvan beskuldig dat sy optrede strydig was met wat van ’n lid van die party verwag word.

Van Dyk, wat Donderdag hieroor ingelig is, wou nie kommentaar lewer oor die klag nie.

“Ek weet nie wat hulle gaan doen nie. Vra maar vir die voorsitter van die regskommissie,” het hy geantwoord.

In die laaste boekjaar moes die parlement meer as R6 miljoen opdok vir padreis-eise.

Van Dyk, DA-woordvoerder oor openbare ondernemings, het in die tersaaklike boekjaar meer as R275 500 geëis toe hy per motor tussen sy kiesafdeling in Pretoria en die parlement gereis het.

Dit het ’n bykomende maandelikse inkomste van bykans R23 000 vir Van Dyk beteken.

Ebrahim Sulliman, ANC-LP van die Vrystaat, het R242 000 geëis en Jan Gunda, OD-LP van die Noord-Kaap, R134 000.

Eise word glo direk by die parlement ingedien, ’n proses wat Patricia de Lille, OD-leier, wat die onthulling verlede maand gemaak het, wil hê moet verander.

Die handboek vir lede bepaal dat LP’s mag kies tussen ’n lug-, pad- of treinreis. Die parlement vergoed hulle net vir motor- en treinvervoer.

Schmidt het gesê die regskommissie het nog nooit so ’n saak aangehoor van beweerde misbruik van voordele nie, so dit is moeilik om moontlike strawwe te stipuleer.

Volgens hom maak die party se grondwet egter voorsiening vir verskeie strawwe waar ’n lid die grondwet oortree.

Moontlike strawwe sluit in ’n waarskuwing, boete, opskorting van posisie wat die persoon in die party beklee, tot die beëindiging van sy lidmaatskap.

“Dit sal alles afhang van die omstandighede, die motief en die bedrag ter sprake,” het Schmidt gesê.

Hy het bygevoeg ’n paneel van vyf sal eersdaags besluit op ’n datum vir die verhoor.

Die parlement sowel as die ANC het reeds aangedui dat hulle kennis geneem het van die eise, maar dat LP’s geen kode oortree het nie.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Stem Reon, enige ouer wat sy kind alleen los, veral in hierdie land, maak nie saak waar nie, IS moertoe Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.