DA en AfriForum betoog volstoom teen wet
2011-12-10 07:16
Johannesburg. – Die DA en die burgerregtegroep AfriForum het veldtogte begin om die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting te keer.
Die DA se veldtog, Stop the Secrecy Bill from becoming law, bied mense die geleentheid om ’n versoekskrif teen die wetsontwerp te teken. Die DA se webtuiste bied die opsie om ’n voorafgeskrewe brief aan pres. Jacob Zuma te stuur.
Dié brief vra onder meer dat Zuma die “verreikende gevolge van die wetsontwerp op die konstitusionele regte en vryheid van Suid-Afrikaners” in ag sal neem.
In die brief word ’n beroep op Zuma gedoen om die wetsontwerp na die parlement terug te verwys.
AfriForum het met sy veldtog, The Bill stops here, meer as 10 000 e-posse aan Zuma gestuur.
Volgens Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof, sal hulle al die e-posse uitdruk en dit eersdaags aan Zuma oorhandig.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Die Burger