DA beheer nou Stellenbosch
2009-12-09 07:04
Kaapstad - Die DA het beheer van Stellenbosch by die ANC tydens ‘n munisipale vergadering oorgeneem, het die SABC berig.
Beide die poste van burgemeester én onderburgemeester is by ‘n munisipale vergadering aan die DA toegeken, wat dié party nou beheer oor die munisipaliteit van Stellenbosch gee.
Cyril Jooste van die DA is tot burgemeester verkies nadat Patrick Swartz én die speaker, Gordon Pheiffer, weens ‘n mosie van wantroue verwyder is.
Die onderburgemeester, Cameroon Mcako, het uit sy pos bedank.
- Sapa