DA, VF+ verwelkom Malema-beslissing

2012-02-05 19:02
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die DA en die VF Plus se jeugliggame en Afriforum het Sondag die ANC se bekragtiging van Julius Malema se skorsing as leier van die Jeugliga verwelkom.

“Ons hoop dit dui op die einde van ‘n tydperk van sensasiewekkende boelie-politiek wat die aandag op een individu gevestig het, ten koste van werklike en substantiewe uitdagings van die jeug,” het die DA se Jeugleier, Makashule Gana, in ‘n verklaring gesê.

Die Vryheidsfront Plus Jeug het gesê die ANC-Jeugligaleier en sy woordvoerder, Floyd Shivambu, het Suid-Afrika se reputasie skade berokken.

“Met sy kommentaar oor nasionalisering het hy buitelandse beleggers afgeskrik, terwyl sy rasse-houdings verhoudings in die land skade aangedoen het,” het Wouter Wessels, die VF Plus se Jeugleier, in ‘n verklaring gesê.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van Afriforum, het gesê die politieke landskap is beter daaraan toe sonder Malema.

“Malema was vir die afgelope twee jaar die mees polariserende faktor in die land en sonder hom op die toneel sal dit veel makliker wees om gemeenskaplike erkenning en respek tussen gemeenskappe te bevorder,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Die ANC se nasionale appèlkomitee het Saterdag aangekondig dat pogings deur Malema, Shivambu en vier ander beamptes van die ANC-Jeugliga om hul skorsings te laat ophef, verwerp is. Hulle is in November verlede jaar daaraan skuldig bevind dat hulle die ANC in oneer gebring en verdeeldheid binne die party gesaai het.

- Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: julius malema

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Stem Reon, enige ouer wat sy kind alleen los, veral in hierdie land, maak nie saak waar nie, IS moertoe Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.