DA: 'Sanral moet verskuilde kostes van tolpadstelsel bekendmaak'
2011-12-22 20:04
Johannesburg – Die DA in Gauteng het Sanral gevra om die verskuilde administratiewe koste van die elektroniese tolpadstelsel bekend te maak.
Dít volg ná koerantberigte dat Sanral reeds begin het om aftrekkings van motoriste se e-skyfie rekenings te maak, selfs voor die tolstelsel in Februarie in werking tree.
Sanral het Gautengse motoriste gevra om e-skyfies vir die elektroniese tolpadstelsel te koop.
Die DA, Cosatu en talle ander organisasies is teen die stelsel gekant.
Jack Bloom, die DA se hoofsweep in Gauteng, het gesê dit is verregaande en Sanral moet verduidelik.
Hy het weer 'n beroep op motoriste gedoen om die elektroniese tolpadstelsel te boikot.
– RSG.
– Volg Nuus24 op Twitter.