DA: Regering moet ingryp by waterwese

2010-07-16 06:08
Tweets Share Share line Print

Wes-Kaap - Die regering moet optree teen die geskorste direkteur-generaal (DG) van waterwese en verskeie senior amptenare wat vir onreëlmatige uitgawes van meer as R1 miljard verantwoordelik was.

Só het die DA Donderdg gesê nadat die ouditeur-generaal (OG) in ’n verdoemende verslag die bestuur van dié departement skerp gekritiseer het weens ’n “gebrek aan leierskap” en die vermorsing van belastingbetalers se geld.

Die OG het ook sterk optrede bepleit en gesê die kultuur van wanadministrasie in die departement moet omgekeer word.

Die OG het bevind Pam Yako (hy het haar nie by naam genoem nie) en senior amptenare in die departement was sedert 2008 by geldelike wanbestuur van meer as R1 miljard betrokke.

Yako is in Julie verlede jaar as DG geskors hangende ’n ondersoek na beweerde onreëlmatighede met die verlenging van kontrakte, die afwyking van die departementele verskaffingsbeleid en die betaling van diensverskaffers sonder dat kontrakte onderteken was.

In sy verslag het die OG bevind:

    * ’n Kontrak vir inligtingstegnologie-dienste ter waarde van R180 miljoen is vir ’n tydperk van 36 maande met ’n diensverskaffer gesluit. Dié kontrak is verskeie kere onregmatig verleng, wat die departement altesaam R1,056miljard, oftewel 587% meer as die oorspronklike kontrak, uit die sak gejaag het.

    * Die departement het in September 2008 ook R289902 aan ’n diensverskaffer vir veranderingsbestuur betaal voordat ’n kontrak van R2,5 miljoen met die diensverskaffer onderteken is. Dié diensverskaffer en Yako is vriende en mededirekteurs van twee onverwante maatskappye.

Die OG het gesê aangesien wetgewing en regulasies met die aanstellingsprosedure van die diensverskaffer oortree is, moet alle betalings – wat R1,87 miljoen beloop – as onreëlmatig beskou word.

    * ’n Kontrak van R85?miljoen is deur die DG aan drie reisagente toegeken wat nie aan die tendervereistes voldoen het nie, hoewel een van die tenderaars aan al die vereistes voldoen het.

Die OG het aanbeveel dat drastiese stappe teen die skuldiges gedoen moet word om die departement skoon te maak en die kultuur van wanadministrasie om te keer.

Sputnik Ratau, woordvoerder van Buyelwa Sonjica, minister van waterwese, het gesê die minister neem kennis van die OG se verslag.

“Dit is belangrik dat die minister nie haar stappe beperk tot die DG nie, maar dit uitbrei na alle amptenare wat by die onreëlmatige uitgawes betrokke was,” het Gareth Morgan, DA-LP, gesê.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Stem Reon, enige ouer wat sy kind alleen los, veral in hierdie land, maak nie saak waar nie, IS moertoe Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.