DA: Regegering spandeer R1 miljard op reis

2010-04-29 16:50
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die DA het Donderdag die regering gekritiseer nadat die staat gedurende die afgelope finansiële jaar oor die R1 miljard aan internasionale reiskostes spandeer het.

Ná ’n ondersoek het die DA gevind dat reiskostes verbonde aan internasionale toere deur ministers, adjunk-ministers en amptenare van die nasionale departement tot sowat R1 miljard gestyg het, het DA-woordvoerder Lindiwe Mazibuko gesê.

Reiskostes van alle nasionale departemente, te midde van die ekonomiese resessie waarin die land homself bevind, het met sowat 20% toegeneem, het sy gesê.

Die DA het, met behulp van data van departementele verslae, uitgewerk dat die totale kostes verbonde aan amptelike oorsese besoeke vanaf R823 miljoen in 2007/08 tot R978 miljoen in 2008/09 toegeneem het.

Nasionale ministers het gedurende die waarnemingstydperk nie minder nie as 474 oorsese besoeke afgelê terwyl adjunk-ministers sowat 169 besoeke onderneem het.

Vanuit die 31 departemente wat onder die vergrootglas geplaas is, het 21 se reiskostes in 2008/09 se finansiële jaar gestyg.

“Reiskostes is natuurlik deel van die bestuur van die regering, maar ons glo daar is net te veel gevalle waar ministers geleenthede bywoon waaruit die gewone Suid-Afrikaner nie baie voordeel uit trek nie," het Mazibuko gesê.

"Dit is net moeilik om in te sien hoe ‘n besoek aan Mali vir die inhuldiging van die biblioteek van Timboektoe deur die minister van verdediging byvoorbeeld ‘n prioriteit kan wees in ‘n tyd wat die regering elke dag massiewe sosio-ekonomiese uitdagings in die gesig staar.”

"Wat nog meer onaanvaarbaar is, is dat ons daarin slaag om R1 miljard aan reiskostes kan spandeer.”

"Ons navorsing het ook gevind dat baie van die ministers gedurende 2008/09 vir ‘n verlengde tydperk buite die land aangebly het.”

"Waar vind die ministers die tyd om hulle onderskeie departemente te bestuur wanneer die meeste ‘n kwart van die jaar in die buiteland is?” het Mazibuko gesê.

-Sapa

Lees meer oor: anc  |  regerings  |  da

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Stem Reon, enige ouer wat sy kind alleen los, veral in hierdie land, maak nie saak waar nie, IS moertoe Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.