Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

DA, Naspers konkel, sê ANC

2012-03-12 07:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die mediagroep Naspers se transaksie met die DA-beheerde Kaapstad-munisipaliteit vir ’n stuk grond is “verdag, onheilspellend en laat die oë rek”.

Dr. Mathole Motshekga, ANC-hoofsweep in die parlement, het gesê hy gaan die openbare beskermer (OB) vandeesweek vra om dié beweerde transaksie van R106 miljoen vir die stuk grond oorkant die Naspers-gebou in die middestad te ondersoek.

Dié grond is glo deur ’n onafhank­like eiendom-ontleder vir nie meer nie as R50 miljoen gewaardeer.

Motshekga het gesê ’n dringende ondersoek moet daarna gedoen word.

Luidens ’n berig wat Vrydag in die Cape Times verskyn het, gaan die stadsraad ’n deel van die stuk grond, wat as parkeergebied gebruik word, by Naspers koop om die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) te kan uitbrei. Dit sal ’n ondergrondse parkeergebied insluit.

“Dit is onregverdig en onaanvaarbaar dat die publiek meer as dubbel die waarde vir die grond moet betaal,” het Motshekga verklaar.

“Die waarde bly uiters oordrewe.”

Ian Neilson, onderburgemeester van Kaapstad, het teruggekap en gesê ’n OB-versoek sou die “ergste graad van politieke opportunisme” wees.

“Die grond sal gebruik word vir die broodnodige uitbreiding van die kapasiteit by die Kiks. Die beleggings sal bydra tot Kaapstad se verdere aansien as wêreldleiersfiguur in konferensiebestemmings.”

Motshekga het gesê die transaksie vlek ’n “interessante sameswering” tussen die DA en Naspers oop om belastingbetalers in te doen.

Neilson het gesê dit is bloot die minister van openbare ondernemings se mislukking om jaar ná jaar oor die beskikbaarheid van Customs-huis vir die uitbreiding van die Kiks te onderhandel wat daartoe gelei het dat die stad ’n alternatiewe perseel moes koop.

Carel Snyman, finansiële direkteur van Naspers, het by navraag gesê die maatskappy gaan nie betrokke raak by die bakleiery tussen die ANC en die DA nie.

“Ons het ’n stuk grond gehad. Ons wou dit al ontwikkel, maar is deur die Kiks genader daarvoor. Niemand is in ’n transaksie gedwing nie,” het Snyman gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: da  |  anc  |  naspers
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Anita Harmse sê... Maak hierdie beampte Hoof van Polisie! Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.