DA-LP van verkragting verdink
2011-02-07 23:00
Johannesburg - Masizole Mnqasela, DA-LP, het Maandag in die streekhof in Wynberg onskuldig gepleit op aanklag van verkragting.
'n 17-jarige slagoffer is glo kruisondervra tydens die begin van die saak, het die SABC berig.
Mnqasela is in Mei 2010 in hegtenis geneem nadat hy die meisie glo verkrag het in die parlementêre dorpie, Pelicanpark.
Na bewering het die meisie die aand by Mnqasela oornag. Hy het haar glo verkrag nadat sy geweier het om seks met hom te hê.
Die saak sal op 23 Maart voortduur. Mnqasela is op R500 borgtog vrygelaat.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA