DA-LP op pos ná van verkragting aangekla is

2010-07-17 10:15
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die DA het bevestig dat ’n parlementslid van die party wat van verkragting aangekla word, Maandag by die heropening van die parlement op sy pos sal wees.

Die 29-jarige man word daarvan beskuldig dat hy in Mei ’n meisie (17) by sy huis in die parlementêre dorpie Pelican Park in Goodwood verkrag het.

Hy het gister vir die tweede keer in die Wynbergse landdroshof verskyn nadat hy op 8 Junie op borgtog van R500 vrygelaat is. Hy het nog nie gepleit nie.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, sê die party beoog in dié stadium geen stappe teen die parlementslid nie.

“Die DA beskou verkragting in ’n baie ernstige lig, maar tans is dit slegs ’n bewering. In dié sta­dium het geen inligting nog vorendag gekom wat optrede teen hom sou regverdig nie.

“Hy verskaf ’n ander weergawe as die klaagster. Die beginsel dat ’n mens onskuldig is totdat jou skuld bewys is, geld dus.”

Die aanklag spruit uit ’n voorval op 30 Mei by die man se huis toe die meisie en ’n vriend glo die aand daar vleis gebraai het.

Die parlementslid is gister deur vriende by die hof ondersteun. Die verrigtinge is tot 6 September uitgestel.

Hy was gister vol vertroue dat sy onskuld bewys sal word, maar wou nie oor die besonderhede van die klag teen hom uitwei nie.

“Ek glo in die Suid-Afrikaanse regstelsel en die Grondwet. Geregtigheid sal seëvier,” het hy gesê.

 

- Beeld

Lees meer oor: verkragtings  |  da  |  misdaad  |  politiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Stem Reon, enige ouer wat sy kind alleen los, veral in hierdie land, maak nie saak waar nie, IS moertoe Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.