DA: Cele móét statistiek bekendmaak
2009-08-03 10:30
Die DA dring daarop aan dat die nuwe polisiehoof, Bheki Cele, sy stelling terugtrek waarin hy sê dat ‘n moratorium op misdaadstatistiek geplaas moet word.
Dit kom nadat Cele tydens ‘n radio-onderhoud op SAFM gesê het dat hy ten gunste van ‘n moratorium op misdaadstatistiek is.
“Dit is verstommende dat Cele, slegs enkele dae na sy aanstelling só ‘n opmerking sal maak. Dit is duidelik polities gemotiveerd,” het Dianne Kohler, DA-LP en woordvoerder oor die polisie, gesê.
Kohler het die polisiehoof aanbeveel om dadelik sy standpunt te herevalueer.
–Sapa