DA: 'Beskerm dwelmmuil se regte'
2011-12-14 23:00
Kaapstad – Die DA het 'n beroep op die minister van internasionale betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane, gedoen om te verseker dat Nolubabalo Nobanda se regte in die tronk in Thailand beskerm word, het RSG Woensdag berig.
Nobanda is vroeër die week in hegtenis geneem nadat sy kokaïne in haar rastalokke die land ingesmokkel het.
Die DA sê hy gaan vasstel wat die departement beplan om te doen om Nobanda se welstand te verseker.
Die party sê die teregstelling van nog 'n Suid-Afrikaner, Janice Bronwyn Linden in 'n tronk in China, ook weens dwelmsmokkelary, het die vraag laat ontstaan of die regering als gedoen het wat hy kon om haar regte te beskerm.
Linden is Maandag tereggestel.
Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG