DA: ANC baat by Eskom verhogings
2010-01-21 20:50
Kaapstad – Daar is rede om te glo dat die ANC van Eskom se voorgestelde kragtariefverhoging kan baat, het die DA Donderdag gesê.
Sejamothopo Motau sê die ANC sal biljoen rande deur sy beleggingsmaatskappy Chancellor House verdien van ‘n multi-biljoen rand tender vir ‘n BOILER vir Eskom by die kragstasie in Limpopo.
“Die inligting wat nou beskikbaar is toon bewyse daarvan dat die ANC by hoër Eskom tariewe sal baat,” het hy in ‘n verklaring gesê.
Hitachi, waaring Chancellor House ‘n 25% aandeel het, het die tender om die R20 miljoen BOILER te bou, in 2005 gekry. Die ANC se aandeel hiervan is sowat R5.7 biljoen.
Vroeër die week het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê die ANC se aandele in Hitachi is wettig.
- Sapa