D-dag vir mediavryheid

2011-11-22 08:10
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die land se joernaliste het Maandag in ’n desperate laaste poging om die muilband van die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting te keer ’n beroep op parlementslede se gewetens gedoen.

In ’n brief aan die LP’s lig die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) gebreke in die huidige wetsontwerp uit, waaronder die gebrek aan ’n openbarebelang-verweer.

“U het nou die geleentheid om te verseker dat wetgewing ons demokrasie bevorder eerder as om dit skade aan te doen,” lui die brief.

Redakteurs, joernaliste en lede van die publiek sal na verwagting Dinsdag om 14:00 in swart klere by die parlement opdaag om hul afkeer van die inligtingswetsontwerp te wys.

Daar word ook na vandag as Swart Dinsdag verwys. Dit sinspeel op Swart Woensdag, wat dui op die dag in 1977 toe Jimmy Kruger, destyds minister van justisie, onder meer die publikasies The World en Weekend World verbied het.

AfriForum het Maandag aangedui hy is gereed om die inligtingswet in die konstitusionele hof ongeldig te laat verklaar as dit vandag aanvaar word. Hy het ook ’n beroep op pres. Jacob Zuma gedoen om die wetsontwerp na dié hof te verwys vir ’n bevel oor die grondwetlikheid daarvan.

Mondli Makhanya, Sanef-voorsitter, het gesê hulle sal alles in hul vermoë doen om te verseker dat die president nie sy handtekening op die wet aanbring nie en later ook konstitusionele hof toe gaan as hulle moet.

Murray Hunter, nasionale koördineerder van die organisasie Right2Know, het aangedui hulle sal vandag in hul massas na die parlement opruk.

Al Suid-Afrika se hoofstroomkoerante publiseer vandag dieselfde kommentaar oor die wetsontwerp op hul voorblaaie.

Max du Preez, politieke ontleder en voormalige redakteur van Vrye Weekblad, reken wat die regering nou doen, is meer drakonies as voor apartheid.

“Die meeste mense wat in die 1980’s saam met ons in die alternatiewe pers geveg het teen dié soort sensuur, draai nou om en doen wat die apartheidsregering gedoen het en erger,” het hy gesê.

Du Preez, wat vandag ook in swart by die parlement sal wees, het gister gesê hy sou minstens 20 jaar tronk toe gegaan het as dié wet van toepassing was toe hy ’n joernalis was.

Hy is ook een van baie wat kapsie maak teen die gebrek aan ’n openbarebelang-verweer.

“Al is die wetsontwerp baie beter as toe dit twee jaar gelede voorgestel is, sal dit ’n jammerte wees as dit sonder ’n openbarebelang-verweer toegelaat word,” het Mathatha Tsedu, lid van die Council for the Ad­vance­ment of the SA Constitution (Casac) en oudredakteur van City Press, gesê.

Prof. Anton Harber, voorsitter van die Freedom of Expression Institute (FXI), het gesê koerante en joernaliste sal nie gaan lê nie, maar terugbaklei as die wet ingestem word.

“As joernaliste die vryheid wil hê om hul werk te doen, moet hulle veg vir daai vryheid,” het Harber gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- Die Burger

Lees meer oor: media  |  inligtingswet

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Stem Reon, enige ouer wat sy kind alleen los, veral in hierdie land, maak nie saak waar nie, IS moertoe Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.