Croeser 23 jaar tronkstraf opgelê

2012-01-17 21:02
Tweets Share Share line Print

Pietermaritzburg – ‘n Voormalige lid van ‘n honde-eenheid van die polisie, Morné Croeser, is in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg 23 jaar gevangenisstraf opgelê vir die moord op sy vrou, Erika.

Croeser (34) is Maandag skuldig bevind aan die misdaad in 2010. Sy vrou is 14 keer gesteek.

Regter Esther Steyn het gesê Erika se dogters – onderskeidelik sewe en vier jaar oud – is ontneem van haar lewe, drome en verwagtinge.

Erika se familie en vriende is ook beroof van ‘n suster, dogter en maat.

Irene Neyt, aanklaer, het gevra Croeser moet lewenslange tronkstraf opgelê word. Sy het gesê hy het die situasie geskep waarin sy vrou brutaal vermoor is nadat sy van ‘n kroeg af huis toe gekeer het.

Croeser was onstabiel, het geen berou getoon nie en het nie die hof in sy vertroue geneem nie, het Neyt gesê.

Sy het gesê dit is onwaarskynlik dat hy gerehabiliteer kan word.

Murray Pitman, vir die verdediging, het gesê Croeser hou vol hy is onskuldig en dat sy vrou deur ‘n inbreker doodgesteek is.

Croeser het beweer sy hande en arms is gesny toe hy met die inbreker baklei het. Volgens hom het die inbreker hom in die maag gesteek en Erika doodgesteek.

Die staat het gesê Croeser het homself in die maag gesteek om sy bewerings te steun.

Pitman het gevra vir verlof om appèl aan te teken, maar dit is geweier.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: morne croeser

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Stem Reon, enige ouer wat sy kind alleen los, veral in hierdie land, maak nie saak waar nie, IS moertoe Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.