Coyne se geheim

2010-08-27 16:38
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die raaisel waarom die aktrise Fiona Coyne nie meer vir die lewe kans gesien het nie, kan dalk deur ’n Kaapse advokaat ontsluit word, berig Huisgenoot.

In ‘n artikel in Huisgenoot word vertel hoe dié advokaat by haar roudiens bitterlik gehuil het en toe hy uitstap, het dit gelyk of hy inmekaar gaan sak.

Al wat die gebroke Richard Goodman later kon sê, is: “Ek het haar lief. Ek het haar innig lief,” maar hy was te hartseer om verder te praat.

Volgens Huisgenoot het min van Coyne se naasbestaandes van Goodman geweet - haar ma en broers het van hom geweet, maar glo nie geken nie.
‘n Vertroueling van Coyne het aan Huisgenoot vertel hoe haar lewe die afgelope vier maande dramaties verander het.

Eers het sy met hart en siel by ’n liefdadigheidsprojek in Zimbabwe betrokke geraak en selfs haar huis in Vishoek op die mark gesit om soontoe te trek. Kort daarna het Coyne, wat 18 maande terug van Willie Fritz geskei het, glo vir Goodman ontmoet.

“Ek sal nooit vergeet hoe opgewonde sy was toe sy uit die bloute verlief raak nie,” het dié vriendin, Lesley-Anne Mulder, aan Huisgenoot gesê.

“Sy het vir my gesê sy het nog nooit so intens oor enige man gevoel nie.”

Maar, volgens Mulder was Goodman gekant teen Coyne se betrokkenheid by die opheffingswerk in Zimbabwe. In ’n stadium wou hy hê sy moes tussen hom en dié werk kies.

“Dit het stil van sy kant geraak en toe sy nie van hom hoor nie, was dit soos ’n mat wat onder haar uitgetrek word. So vinnig soos die liefde gekom het, was dit weer weg.”

Lees meer by Huisgenoot.com.

- Huisgenoot

Lees meer oor: sterftes  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Stem Reon, enige ouer wat sy kind alleen los, veral in hierdie land, maak nie saak waar nie, IS moertoe Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.