Cosatu vra OB om na bestuur van Kaapstad-stadion te kyk
2011-11-28 21:55
Kaapstad – Die Congress of SA Trade Unions (Cosatu) het die Openbare Beskermer gevra om die manier hoe die Stad Kaapstad die Kaapstad-stadion bestuur te ondersoek.
Volgens Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, lyk dit asof die stad die stadion sonder enige beplanning bestuur.
Die Westelike Provinsie rugbyunie het onlangs geweier dat die stad Kaapstad die stadion gebruik vir ‘n Heinekenbeker-rugbywedstryd tussen Saracens en Biarritz wat op 14 Januarie in Kaapstad gespeel sou word.
Die Westelike Provinsie Rugbyunie wou gehad het die wedstryd moes na Nuweland skuif.
“Cosautu versoek ‘n ondersoek rakende Grant Pascoe, burgemeesterskomiteelid vir toerisme, spesiale gebeurtenisse en bemarking, en sy vermoë om die stadium te bestuur op so ‘n manier dat dit alle mense van Kaapstad dien,” het Ehrenreich gesê.
Nuweland, wat die eerste amptelike wedstryd in 1890 aangebied het kan altesaam 45 000 aanhangers huisves terwyl die nuwe Kaapstad Satdion, wat gebruik was vir die 2010 Fifa-sokkerwêreldbeker ‘n kapasiteit van 55 000 het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA