Cosatu teen verbanning van boere-moordlied
2010-03-29 18:25
Johannesburg - Die vakverbond Cosatu het Maandag die verbanning van die lied ‘skiet die boere’ teengestaan en gesê dit vorm deel van die historiese stryd teen apartheid.
“Cosatu stem ten volle saam met die ANC se argument dat die lied deel vorm van die mense se historiese stryd teen apartheid,” het die vakverbond in ‘n verklaring gesê.
Die hooggeregshof in Johannesburg het Vrydag bevind dat die gebruik van die woorde "dubula ibhunu" (skiet die boere), ongrondwetlik en onwettig is.
Cosatu het ook hul kommer uitgespreek oor die hooggeregshof se bevinding, en voer aan indien die woorde letterlik geinterpreteer word, kan dit voorkom asof die lied ten gunste is van rassehaat en geweld.
“Die woorde reflekteer die woede van mense wat aangeval en vermoor was. Al die basiese regte was van hulle ontneem en hulle kon nie wettig of grondwetlik terugbaklei nie.”
Die liedere wat in daardie dae gesing was, reflekteer die mense se swaarkry, het Cosatu gesê.
- Sapa
- Lees hier wat een van ons lesers sê oor dié onderwerp.