Cosatu ondersteun alternatiewe mediatribunaal
2010-08-22 11:09
Cosatu ondersteun die ANC se voorstel vir ‘n media-appèltribunaal, maar hulle sal verkies dat dit anders benader word.
City
Press het berig dat Cosatu meen daar is ‘n risiko van “sensorskap” wat
aan die tribunaal geheg is. Cosatu het gewaarsku dat redakteurs dalk kan
besluit om sekere stories oor ministers terug te hou, omdat hulle bang
is om voor ‘n tribunaal te verskyn “wat bevooroordeeld is ten gunste van
die regering se oogpunt”.
Volgens ‘n dokument wat Maandag
bespreek sal word by Cosatu se sentrale uitvoerende vergadering, stel
hulle glo ‘n tribunaal voor wat verteenwoordigers van die gedrukte
media, die staat en georganiseerde burgerlike samelewing insluit.
Die
dokument sê na bewering dat die staat se verteenwoordigers nie betrokke
moet wees by sake wat oor regeringsamptenare of -instellings handel
nie.
- SAPA