Cosatu, Numsa dreig met staking oor begroting

2010-02-19 08:07
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Werkers het gister gedreig met ’n massastaking teen die begroting van Pravin Gordhan, minister van finansies.

Irvin Jim, hoofsekretaris van die metaalwerkersunie Numsa, asook Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, dreig albei met ’n staking voor Oktober. Hulle het nie gesê of dit dalk ten tyde van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Junie en Julie kan gebeur nie.

“Ons gaan die houe nie meer terughou nie. Die handskoene is af en die wittebrood is verby,” het Vavi gedreig.

Volgens Cosatu het die ANC-regering “eensydige gewoontes” en ignoreer hulle besluite oor die ekonomie waarop Cosatu, die ANC en die SAKP reeds in Oktober verlede jaar tydens die alliansieberaad ooreengekom het.

Cosatu reken sy 2 miljoen lede en dié van ander vakbond­federasies kan voor Oktober met ’n landwye staking teen werkloosheid en makro-ekonomiese beleid begin.

“Moet ons wag op die minister (Gordhan) om sy mening eers volgende jaar te verander? Nee, ons kan nie,” het Vavi gesê.

Volgens hom staan die werklike werkloosheidsyfer op 32% en sal die vakverbond die regering op sy tone en verantwoordbaar hou.

Vavi meen samesprekings met alliansievennote en die regering is nie die enigste oplossing nie.

“Dit blyk as ons vreedsaam (oor ekonomiese beleid) gesels, kies mense wat hulle wil toepas.

“Dié gesels onder gentlemen werk nie.”

Cosatu is teleurgesteld oor Gordhan se aankondiging dat die Reserwebank se inflasieteikens steeds tussen 3% en 6% is.

“Die minister weet daar is nie konsensus oor inflasieteikens nie,” het Vavi gesê.

Hy meen Gordhan is deur amptenare beïnvloed wat in die Mbeki-regering gedien het en neo-liberalistiese beleid steeds voortsit. “Regeringsprosesse wag nie op ons nie en die minister is aan die galop.”

Vavi het erken die alliansie se taakspan vir makro-ekonomiese beleid het nog nie vergader sedert daar verlede jaar besluit is om dit tot stand te bring nie.

“Die minister is gelos om self te besluit wat goed en sleg is (vir die begroting),” het hy gesê.

Vavi is ook krities omdat die ANC volgens hom gewankel het deur nie te verseker die Reserwebank se mandaat word vergroot en inflasieteikens hersien nie.

Cosatu wil dringend met die minister en die alliansievennote oor ekonomiese beleid vergader.

Die volgende alliansievergadering is vir einde Maart geskeduleer.

- Beeld

Lees meer oor: cosatu  |  numsa

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Daizy het nie vinke in diens nie, Alida. Die werkies in en om die huis word ongelukkig self gedoen, soos maar by my ook. Daarom ongelukkig geen simpatie. Jammer, maar jou whawha beteken niks Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.