Cosas dreig met geweld oor eise by skool

2011-10-22 08:17
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Terwyl leerders van die Sekondêre Skool Chris Hani gister veiligheid by hul skool geëis het, het ’n leier van die Congress of South African Students (Cosas) met gewelddadige optrede gedreig as daar nie aan dié eis voldoen word nie.

Sowat 200 leerders van dié skool in Khayelitsha het omstreeks 13:00 voor die Wes-Kaapse parlement in Waalstraat hier byeengekom.

Hulle het betoog nadat Bambanani-wagte glo verlede maand ’n leerder, Malibongwe Melani (18), aangerand het.

Malibongwe het ’n rugbesering opgedoen.

Hy het ook beweer die skoolhoof, Madoda Mahlutshana, het opdrag gegee dat hy aangeval word en niks gedoen om die aanval te keer nie.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) het vroeër ná ’n ondersoek bevind dat hy nie teen Mahlutshana gaan optree nie.

Die leerders eis Mahlutshana se ontslag, dat die WKOD nog ’n ondersoek doen en stappe om hulle te beveilig.

Die provinsiale sekretaris van Cosas, Samkelo Mqombati – geklee in ’n swart baret en ’n baadjie met die embleem van die ANC-jeugliga – het hulle met ’n megafoon aangehits.

Hy het gesê as die WKOD nie binne sewe dae op hul griewe antwoord nie, sal hulle weer na die wetgewer opruk. “As dit beteken ons moet radikaal en gewelddadig optree, sal ons dit doen,” het hy aan die juigende leerders gesê.

Donald Grant, Wes-Kaapse minister van onderwys, was gistermiddag in ’n komiteevergadering om die departement se jaarverslag te bespreek.

Sy woordvoerder, Bro­nagh Casey, het gesê hy kon gevolglik nie oor die leerders se griewe kommentaar lewer nie.

Grant het Donderdag op ’n vergadering van die parlement gesê Mahlutshana is op spesiale verlof geplaas “om kalmte terug na die skool te bring”.

Mahlutshana was egter vandeesweek weer op sy pos.

Mcebisi Skwatsha, ANC-LPP, het gesê die ouers en leerders wil hom nie terug by die skool hê nie.

Grant het geantwoord: “Ons hou die skoolhoof fyn dop.”

Intussen het die WKOD planne beraam sodat Malibongwe sy matriekeksamen kan aflê, het Casey gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: aanrandings  |  skole

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Daizy het nie vinke in diens nie, Alida. Die werkies in en om die huis word ongelukkig self gedoen, soos maar by my ook. Daarom ongelukkig geen simpatie. Jammer, maar jou whawha beteken niks Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.