Corrie Sanders-moordverdagtes in hof
2013-01-29 07:05
Johannesburg – Drie mans wat van die moord op die bokslegende Corrie Sanders verdink word, sal na verwagting Dinsdag in die Brits-landdroshof verskyn.
Paida Fish (19), Samuel Mabena (27) en Chris Moyo (25) staan tereg op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede.
Die saak teen die drie Zimbabwiese mans is in November uitgestel omdat hul regsverteenwoordiger nie in die hof was nie.
Brig. Thulani Ngubane, polisiewoordvoerder, het vroeër gesê die mans is in die Oukasie- informele nedersetting in hegtenis geneem nadat die polisie 'n wenk ontvang het.
By die adres waar die mans in hegtenis geneem is, het die polisie 'n selfoon, motorsleutels, beursie en geld gevind, wat vermoedelik tydens die rooftog waarin Sanders doodgeskiet is, gesteel is.
Sanders was op 22 September by die Thatch Haven Country Lodge in Brits toe die gewapende rowers by die restaurant ingekom en wild begin skiet het. Hy is in die hand en maag gewond het en die volgende dag in die Kalafong-hospitaal gesterf.
– Volg Nuus24 op
Twitter
- SAPA