Cope-woordvoerder grafstil oor bedanking
2011-09-05 12:19
Kaapstad – Phillip Dexter, woordvoerder van Cope, sê hy kan nie praat oor die redes vir sy bedanking totdat hy vandeesweek met Cope-amptenare vergader het nie, het RSG Maandag berig.
Cope het vroeër Dexter se bedanking as hoof van kommunikasie bevestig.
Dexter sal egter aanbly as 'n partylid en parlementslid. Hy het volgens berigte 'n besprekingsdokument aan die Cope-leier, Mosiuoa Lekota, gestuur waarin hy sy persoonlike sienings oor die party uitwys.
Hy het gewaarsku dat die party hulp nodig het om te groei en relevant te wees.
Dexter het ook sy kommer uitgespreek oor die party se geldsake, wat na bewering wanbestuur word.
Volg Nuus24 op Twitter.