Cope wil Shilowa skors oor bewerings van wanbesteding

2010-11-14 11:05
Tweets Share Share line Print

Rapport

Die leierskap-oorlog in Cope behoort môre ’n nuwe laagtepunt te bereik wanneer die party se onderleier, Mbhazima Shilowa, deur sy teenstanders geskors word weens beweerde wanbesteding.

Dit kom nadat Shilowa-ondersteuners, wat hom bo die partyleier, Mosiuoa Le­kota, verkies die afgelope week klagte van korrupsie en bedrog teen Lekota ingedien het.

Rapport het betroubaar verneem Cope se topstruktuur vergader Maandag en die Lekota-groep, wat die struktuur oorheers en Lekota as leier bo Shilowa steun, wil Shilowa sy sittingsreg as LP ontneem.

Die verwagting is dat Shilowa met mag en mening sal terugbaklei omdat hy meen sy teenstanders se interpretasie dat ’n ouditverslag toon geld is wanbestee onder sy toesig as parlementêre sweep, is verkeerd.

Shilowa-ondersteuners meen hul kandidaat het meer steun as Lekota in Cope-strukture en sal Lekota klop in ’n leierskapstemming by die Cope-kongres aanstaande maand. Hy moet dus net tot dan vasbyt.

Die groep Cope-lede wat strafregtelike klagte teen Lekota ingedien het, wil hê hy moet ook vir beweerde belastingontduiking ondersoek word. Die “staande komitee van Cope se jeugbeweging” het Donderdag aan Rapport gesê hulle gaan binnekort ’n brief hieroor aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens stuur.

Die groep bestaan uit leiers van Cope se jeugbeweging, wat tans onder kuratorskap is, soos Anele Mda, die voorsitter, Malusi Booi, sekretaris-generaal, en Sthembiso Khanyile, adjunk-sekretaris-generaal.

Die aangeklaagdes is Lekota en drie Cope-LP’s: Dennis Bloem, Juli Killian en Hilda Ndude. Die aanklagte spruit uit sowat R5 miljoen wat Bloem en Killian volgens Khanyile na bewering sonder magtiging uit die parlement na die Cope-hoofkwartier oorgedra het.

“Ons weet van dié R5 miljoen is gebruik om Lekota se salaris te betaal. Geen belasting is egter op sy salaris betaal nie,” het Khanyile aan Rapport gesê.

Phillip Dexter, Cope-woordvoerder, sê egter dié groep is nie Cope-jeugleiers nie.

Volgens Dexter is daar vroeër gesê die R5 miljoen is gebruik om party-veldtogte te finansier.

“Dit het niks met pres. Lekota se salaris te doen nie. Of belasting op salarisse betaal is, sal ons uitvind wanneer die ouditeurs ons finansiële state afhandel.”

Intussen het Thabiso Teffo, wat homself die adjunk-voorsitter van die Cope-jeugbeweging noem, gesê: “Ons is nie verbaas oor die groep se optrede nie. Hulle is van die begin af gekant teen Le­kota as Cope-leier en steun Shilowa openlik.”

 

- Rapport

Lees meer oor: cope

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Daizy het nie vinke in diens nie, Alida. Die werkies in en om die huis word ongelukkig self gedoen, soos maar by my ook. Daarom ongelukkig geen simpatie. Jammer, maar jou whawha beteken niks Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.