Cope-toekoms dalk vandag bespreek

2011-05-30 09:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Cope se leierskorps gaan waarskynlik Maandag die veelbesproke besprekingsdokument oor die toekoms van dié party deurtrap.

In dié dokument getiteld Should Cope just close shop? kritiseer Phillip Dexter, Cope-woordvoerder, die partyleierskorps vir die probleme in die party. Daarvolgens moet Cope-lede ná die besliste swaai weg van hul party in die munisipale verkiesing hulself en die party deeglik ondersoek.

Volgens Dexter het Cope, hoewel dit met ongelooflike energie en aansienlike impak begin is, gou verval in ’n moeras van leierskapstryde, beleidknoeiery, eindelose debatte en ’n kultuur wat die “ergste in die ANC naboots”.

“Vir Cope om te groei en relevant te bly, moet dié projek gered word. Die huidige vraag is: Waarheen nou?” lui die dokument.

“Die straf wat die kiesers uitgedeel het, beteken ongeag die geldigheid van die projek sal dit nie vorder tensy dit omgedraai en weer bekend gestel word nie.”

Faktore wat Cope die meeste verswak het, was volgens Dexter faksies wat hulpbronne misbruik, partybesluite verontagsaam en geweld gebruik het om in tussentydse leierskapsposte aan te bly en die verkiesings wou manipuleer.

Faksiegevegte om die belange van een of twee nasionale leiers te bevorder is nie net verduur nie, maar openlik aangemoedig. Administrasie is agterweë gelaat.

Volgens Dexter moet partylede oor Cope se toekoms besluit. “Óf ons pak die stryd alleen aan óf ons werk en smelt eindelik saam met die ander politieke formasies van die land. Andersins moet die party sy deure sluit en die einde erken van ’n belangrike, maar mislukte eksperiment in demokrasie.”

As besluit word om die party onder ’n nuwe handelsmerk te red, moet ’n nasionale kongres dringend gehou word. “Dit sal beteken dat alle lede moet bedank, ’n geloofwaardige databasis saamgestel en lede by die toekoms van die party betrek moet word.”

Dexter het berigte ontken dat hy Mosiuoa Lekota se leierskap met dié dokument uitdaag. Lekota het volgens Dexter gesê die dokument opper belangrike kwessies. “Ja, dit kritiseer die leierskorps, maar ek is deel daarvan.”

- Volksblad

Lees meer oor: cope  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Daizy het nie vinke in diens nie, Alida. Die werkies in en om die huis word ongelukkig self gedoen, soos maar by my ook. Daarom ongelukkig geen simpatie. Jammer, maar jou whawha beteken niks Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.