Cope se sekretaris-generaal geskors
2010-10-09 05:17
Johannesburg - Die Congress of the People (Cope) se nasionale komitee het Vrydag vergader en besluit om nie meer Charlotte Lobe, die party se sekretaris-generaal, se maandelikse salaris te betaal nie, omdat sy nie haar pligte uitgevoer het nie, het die party gesê.,
"Lobe het vir die afgelope vier maande nie haar pligte nagekom nie," het Phillip Dexter, woordvoerder van Cope gesê.
"Daar was besluit om nie meer Lobe se maandelikse salaris te betaal nie. Deidre Carter sal intussen as waarnemende sekretaris-generaal aangestel word totdat iemand anders in die pos verkies gaan word."
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA