Cope-leiers kap terug oor aantygings

2010-04-30 09:20
Tweets Share Share line Print

Philda Essop

Kaapstad - ’n Suggestie deur die Cope-leier, Mosiuoa Lekota, dat dié party se parlementêre geldsake toegesmeer word, is van “alle waarheid ontbloot”.

Só het senior partylede teruggekap nadat Lekota aangekondig het dat Cope se parlementêre geldstate, waarby R20 miljoen betrokke is, nie die afgelope jaar geoudit is nie.

Dr. Mvume Dandala, Cope se parlementêre leier, en Charlotte Lobe, sekretaris-generaal, het in ’n gesamentlike verklaring gesê dié party se geldsake is vroeër deur die werkkomitee en die parlementêre koukus bespreek.

Die koukus het geen rede gesien vir “haastige ingryping” nie.

“Luidens die parlementêre voorskrifte word geouditeerde state van die vorige boekjaar eers in September en ongeouditeerde bestuursrekeninge aan die einde van Mei vanjaar van politieke partye verwag.

“Dit is baie jammer dat daar ’n suggestie van toesmeerdery is nadat twee partystrukture hulle reeds oor die kwessie uitgespreek het. Dit is van alle waarheid ontbloot. Dit is ook jammer dat dié kwessie wat die hoofsweep as aanspreeklike beampte impliseer, aangeroer word terwyl hy in die buiteland is en homself nie kan verdedig nie.”

Mbhazima Shilowa, Cope se hoofsweep in die Nasionale Vergadering en die party se onderleier, het aan die radiodiens SAfm gesê hy wil nie “emosioneel” op interne partysake reageer nie.

Lekota het Shilowa vir die situasie blameer. Shilowa was volgens Lekota verantwoordelik om ouditeurs twee maande ná die aanvang van die boekjaar aan te stel. Dit is glo nooit gedoen nie.

Spanning bou in Cope op in die aanloop tot die party se nasionale konferensie op 27 Mei. Twee provinsies – die Oos-Kaap en Gauteng – het reeds hul voorkeur vir Shilowa as leier laat blyk.

’n Faksie onder leiding van Shilowa wou glo Maandag op ’n spesiale leiersvergadering ’n mosie van wantroue teen Lekota indien. Die vergadering is afgelas omdat daar nie ’n kworum was nie.

Intussen is beweer die sakeonderneming van Malusi Booi, sekretaris van Cope se jeugvleuel, het glo ’n kontrak van R580 000 gekry om dié party se parlementêre kantore toe te rus met bykomstighede waarop die die party se logo is. ’n Tender hiervoor is nooit geadverteer nie.

- Die Burger

Lees meer oor: cope  |  politiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... My simpatie le by die pendelaars wat elke dag hulle lewens in die mense se hande moet sit om net by die werk en terug te kom. Die taxi bestuurders is ongelukkig ongelisensieerd (wettige lisensies). Van al die ongelukke wat ons die naweek van gelees het, het die bestuurders beheer oor die voertuie verloor. Hoe gebeur dit as jy binne die spoedperk is en nie kanse vat nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.