Cope-faksie verban wat glo nuwe party gestig het

2010-07-18 11:16
Tweets Share Share line Print

Gauteng - ’n Faksie binne Cope is uit die party “verban” nadat hulle glo ’n wegbreek-party gestig het.

Intussen word die magstryd binne Cope al hoe erger, veral in die Vrystaat en KwaZulu-Natal. Faksies beskuldig mekaar onder meer van spioenasie en rasbeheptheid.

In die Vrystaat is mnre. Mofihli Likotsi, Moshoeshoe Likotsi, Ma­hlo­mo­la Ralebese, Dumile Nana en Mqenekelwa Nyamane uit Cope geskop nadat hulle glo ’n nuwe politieke party, die United Residents Front (URF), gestig het.

Mofihli Likotsi is nommer 22 op Cope se nasionale kandidatelys. Die ander vier beklee hoë posisies in Cope se provinsiale en streekstrukture.

Sello Dithebe, Vrystaatse Cope-woordvoerder, het gesê stappe is gedoen om te verseker dat ­Cope aan belangrike provinsiale tussenverkiesings kan deelneem, hoewel die vyf nou uitgeskop is.

“Ons het hulle gevra om hulle van Cope-aktiwiteite te verskoon nadat ons agtergekom het hulle het die URF op 26 Maart by die Onafhanklike Verkiesingskommissie ge­re­gi­streer. Mofihli Likotsi is leier van dié party.”

Likotsi het egter ontken dat hy ’n nuwe party gestig het en het gesê hy bly lid van Cope.

Volgens hom is die URF ’n gemeenskapsorganisasie wat al sedert 1993 bedryf word. “Ons het dit net geregistreer om dit te wettig, maar wil nie aan verkiesings deelneem nie.”

In KwaZulu-Natal het ’n e-pos in die naam van Mthokozisi Myen­de (Cope-jeugleier) die bedankings aangekondig van me. Niki Moore (kommunikasiehoof) en Piet Breedt (adjunkvoorsitter). Hulle is van ’n “rasse-diktatorskap” beskuldig.

Myende het egter Maandag ontken dat hy dit gestuur het en gesê die inhoud is onwaar.

Moore het by navraag gesê sy het nooit bedank nie.

Cope se tussentydse leierskap in die provinsie het gister vergader om die voorval te bespreek.

Phillip Mhlongo, Cope se provinsiale sekretaris, het gesê ­Cope “moet uitvind wie ons probeer infiltreer, en ons sal selfs hulp vra van die staat, die polisie.

“Koppe gaan beslis rol… Dit kan die regerende party (ANC) wees wat agter alles sit.”

 Mosiuoa Lekota besoek KwaZulu-Natal van­dag om lede oor onlangse gebeure in Cope in te lig. 

Lees meer oor: politiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... My simpatie le by die pendelaars wat elke dag hulle lewens in die mense se hande moet sit om net by die werk en terug te kom. Die taxi bestuurders is ongelukkig ongelisensieerd (wettige lisensies). Van al die ongelukke wat ons die naweek van gelees het, het die bestuurders beheer oor die voertuie verloor. Hoe gebeur dit as jy binne die spoedperk is en nie kanse vat nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.