Cope dank Shilowa af
2010-10-19 08:32
Johannesburg. - Die leiers van die Congress of the People (Cope) het hul parlementêre sweep - en aanvanklik mede-leier van die party - mnr. Mbhazima Shilowa, afgedank.
Hy het sy pos as sweep verloor omdat hy aan die parlement verklaar het dat finansiële stelsels in plek is om die geld te administreer wat die parlement aan die party gegee het - en omdat hy gesê het die verklaring is bevestig deur ’n ouditeur, terwyl nie een van die twee stellings glo waar was nie.
Cope het Shilowa, wat steeds die adjunk-president van die party is, ook afgedank as boekhoudingsbeampte van die party in die parlement.
Lees meer hier.