Cope dalk gou in nuwe leierskapstryd

2011-06-06 09:23
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Cope kan hom dalk binnekort in ’n nuwe leierskapstryd bevind.

Dít nadat Smuts Ngonyama, die party se beleidshoof, gesê het hy sal dit “oorweeg” as hy formeel vir ’n leierskapspos benoem word.

’n Datum is nog nie vasgestel vir die party se verkiesingskongres nie, maar dit word tans in partystrukture bespreek.

Die Sunday Times het Sondag berig Mosiuoa Lekota, Cope-leier, kan dalk deur Ngonyama uitgedaag word.

Ngonyama het egter Sondag ontken dat daar ’n nuwe leierskapstryd broei.

“Ek is nog nie formeel deur enigiemand benoem nie.

“Ek wil nie die indruk skep dat iemand my genader het nie. Ek sal ’n benoeming oorweeg as ek genader word,” het hy gesê.

Volgens hom berei die party hom voor vir ’n leierskongres.

Phillip Dexter, partywoordvoerder, het vroeër voorgestel die kongres word in Augustus gehou.

“Enige bespreking oor leierskap is in dié stadium voortydig. Daar is nog nie eens oor ’n datum vir die kongres ooreengekom nie, so ons kan nie nou al praat van benoemings nie,” het hy gesê.

Cope word reeds maande lank deur leierskapsprobleme gekenmerk wat spruit uit onenigheid tussen ondersteuners van Lekota en van Mbhazima Shilowa, Cope se adjunkleier.

Die party se laaste poging om ’n leierskap te kies, het in Desember in ’n chaos geëindig.

Minstens 15 mense is beseer toe ondersteuners van Lekota en Shilowa mekaar met stoele gegooi en vuisgevegte uitgebreek het.

Dexter het twee weke gelede in ’n besprekingsdokument oor die stand van die party na afloop van die plaaslike regeringsverkiesing geskryf die lede moet oor die toekoms van die party besluit.

’n Verkiesingskongres moet as ’n saak van dringendheid plaasvind.

Hy het geskryf óf die party bestaan op sy eie voort, in welke geval die “radikale hernuwing” van die party nodig is, óf die party smelt met ander politieke formasies in die land saam.

“Die alternatief is dat ons die party se deure moet sluit en die einde van ’n belangrike, maar mislukte eksperiment in demokrasie erken.”

As besluit word om die party te red en om dit weer bekend te stel, moet ’n verkiesingskongres plaasvind.

Dit sal beteken dat alle partylede moet bedank en dat ’n geloofwaardige databasis saamgestel moet word.

Volgens Dexter is die dokument verlede week deur die nasionale werkkomitee bespreek en sal in alle waarskynlik vandeesweek in meer besonderhede daaroor besin word.

- Volksblad

Lees meer oor: sa politiek  |  cope

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... My simpatie le by die pendelaars wat elke dag hulle lewens in die mense se hande moet sit om net by die werk en terug te kom. Die taxi bestuurders is ongelukkig ongelisensieerd (wettige lisensies). Van al die ongelukke wat ons die naweek van gelees het, het die bestuurders beheer oor die voertuie verloor. Hoe gebeur dit as jy binne die spoedperk is en nie kanse vat nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.