Cope dalk gelikwideer oor skuld
2011-01-17 10:36
Johannesburg – Interne twiste in Cope het daartoe gelei dat likwidasie stappe teen die party gebring word vir miljoene rande wat hy 'n Johannesburgse sakeman skuld.
'n Woedende Viveshen Naidoo, uitvoerende hoof van Black Sheep Concepts, is in die proses om aansoek te doen vir 'n likwidasie bevel teen Cope omdat hulle nog nie R3,4 miljoen wat hulle hom die afgelope drie jaar skuld terugbetaal het nie.
Die agterstallige rekening was vir plakkate, T-hemde, baniere en ander werk wat Black Sheep Concepts in 2009 gedoen het.
Die party word die afgelope twee jaar geteister deur binnegevegte, bewerings van bedrog teen die partyleiers en hoftwiste en dié voorgestelde likwidasie-aansoek sal nóg 'n knou wees vir die party.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter