Citrusdal se slim bobbejane is nou wêreldberoemd

2011-01-22 08:07
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Die Burger se berig oor die trop slim bobbejane van Citrusdal wat ’n nuwe sitruskultivar vir een van die land se voorste sitrusboerderye ontdek het, versprei soos ’n veldbrand.

Nadat die storie deur plaaslike nuusblaaie, radiostasies en televisiedienste opgevolg is, het die internasionale media daarmee op loop gegaan.

Dit het die verbeelding van die mense in die VSA, Engeland, Europa, Nieu-Seeland en selfs die Verre Ooste aangegryp.

Selfs in die vreemdste tale het mense verneem hoe die bobbejane vir A.L.G. Boerdery in die Bo-Olifantsriviervallei ’n nuwe minneola – ’n soort nartjie – ontdek het wat soeter as die ander is en boonop vroeër ryp word.

Dit was nadat mense op die plaas opgemerk het dat die bobbejane ’n spesifieke boom tussen duisende ander in die boord teiken en al die vrugte opvreet voordat die seisoen behoorlik op dreef is.

Dit blyk toe ’n nuwe kultivar te wees wat danksy spontane mutasie ontwikkel het.

Die man wat egter nou aan die kortste ent trek, is Alwyn van der Merwe, mede-eienaar van A.L.G. Boerdery, wat oorval word deur internasionale TV-nuusdienste, radiostasies en joernaliste.

Almal doen navraag,wil onderhoude voer of op die plaas besoek aflê.

Hy het self van ’n “baboon whisperer” gehoor wat raad gegee het hoe om bobbejane van ’n plaas te hou–teen ’n prys, natuurlik.

“’n Vrou het my uit Amerika gebel en haar verligting uitgepreek dat bobbejane se evolusie so ver gevorder het dat hulle nou nuttig vir die mensdom geword het,” het Van der Merwe gesê.

Die dag toe die berig verskyn het, was dit die naasgewildste berig op Die Burger se webtuiste.

’n Selektiewe soektog op Google vir “baboons discover new citrus cultivar” het Vrydag (gister) 8700 resultate opgelewer.

Tydskrifte wat hulle toespits op bewaring, natuurlewe, landbou, motors en reis het dit opgeraap.

Dit het ook gegons in blogs en op sosiale netwerke soos Twitter en Facebook.

Selfs webtuistes met name soos Treehugger, Naked Scientist en Facepinch het die storie gedra.

- Die Burger

Lees meer oor: kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... My simpatie le by die pendelaars wat elke dag hulle lewens in die mense se hande moet sit om net by die werk en terug te kom. Die taxi bestuurders is ongelukkig ongelisensieerd (wettige lisensies). Van al die ongelukke wat ons die naweek van gelees het, het die bestuurders beheer oor die voertuie verloor. Hoe gebeur dit as jy binne die spoedperk is en nie kanse vat nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.