Chuene: wat het ek verkeerd gedoen?
2009-09-25 03:08
Johannesburg - Leonard Chuene, die president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), het Donderdag weer vrae beantwoord oor die leuens wat hy rondom Caster Semenya se geslagstoetse vertel het.
Chuene dring daarop aan dat hy net vir Semenya wou beskerm en dat sy besluit om te lieg oor die debakel nie ‘n maklike een was nie.
“Ek wou net ‘n kind, wat so uitgesien het daarna om deel te neem en wat volgens my vroulik is, beskerm,” het Chuene gesê.
"Mense, veral die media, dink seker steeds dat dit ‘n maklike besluit was vir my om te neem. Sonder om my besluit te regverdig kan ek sê dat dit nie maklik was nie, maar ek is vandag hier om uit te vind hoe ek dit anders kon doen”, het hy aan die ASA in Kemptonpark gesê.
Chuene se verklaring is minder as ‘n week nadat hy erken het dat hy oor die debakel gelieg het, gemaak.
Harold Adams, ASA se spandokter het die ASA geraadpleeg deur te sê Semenya moet verkieslik uit die 800m-item by die Wêreld Atletiek-byeenkoms in Berlyn ontrek word.
Chuene het erken dat hy kennis gedra het van die geslagstoetse wat 7 Augustus vanjaar in Pretoria op Semenya gedoen is en dat hy leuens daaroor verkondig het.
‘n Lid van ASA se mediese paneel het verlede week aan die nuusagentskap, Sapa, vertel dat Chuene aanvanklik ingestem het om Semenya van die byeenkoms te ontrek, maar het die volgende dag daarteen besluit.
Chuene het aan die media gesê hy het dit gedoen om Semenya se privaatheid te beskerm.
-Sapa