Chuene se aansoek om heraanstelling verwerp
2010-11-23 03:49
Johannesburg - Leonard Chuene, geskorsde president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), se aansoek om tydelik heraangestel te word, is verwerp.
“Cheune se betoging dat die ASA se dissiplinêre verhoor teen die ASA raad van 2009 onwettig was, is ook verwerp,” het Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie (SASCOC) in ‘n verklaring gesê.
In sy aansoek, het Chuene aangevoer dat Sascoc nie die gesag gehad het om ‘n tussentydse ASA raad ten tyde van sy skorsing, aan te stel nie.
Regter Moroa Tsoka het egter bevind dat SASCOC wel met die nodige gesag en in die beste belange van atlete en borge opgetree het.
- SAPA