Chuene klou aan sy pos

2009-09-24 06:47
Tweets Share Share line Print

Die atletiekbaas Leonard Chuene wat ná groot druk erken het hy het gelieg oor die Caster Semenya-sage, het gisteraand om oorlewing geveg.

Ondanks sy leuens klou Chuene verbete aan sy pos as president van Atletiek Suid-Afrika (ASA).

ASA se raad, wat vanoggend in Johannesburg vergader, is skerp verdeeld oor Chuene.

Beeld het gisteraand betroubaar verneem dat veral die suidelike atletiekprovinsies gereed is om ’n protesstem teen Chuene uit te bring. Gisteraand was daar egter twyfel of genoeg van die land se 17 atletiekprovinsies bereid is om hom af te dank.

Chuene, wat al sedert die eenwordingsproses in atletiek 17 jaar gelede president is, het ’n sterk houvas op baie van die provinsiale voorsitters.

Baie van hulle is danksy hom in hul poste.

Chuene en ’n afvaardiging van ASA het gistermiddag met Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, by Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor in Johannesburg, vergader.

Dit word beskou as ’n laaste en verbete poging van Chuene om die steun van die ANC te behou.

John Ncinane, omstrede voormalige ANC-LP en oud-vise-president van ASA, het glo die aanvoorwerk vir dié vergadering gedoen.

Mantashe het ASA se hantering van die Semenya-sage vroeër ten sterkste afgekeur.

Thabo Maseko, woordvoerder van die kabinet, het aan Sapa gesê die kabinet sal nie Chuene se bedanking vra nie.

Hoewel die kabinet teleurgesteld is oor die wyse waarop die Semenya-sage gehanteer is, moet sportorganisasies soos ASA self oor die saak besluit.

Richard Stander, uitvoerende hoof van Boland Atletiek, was die enigste administrateur wat amptelik bereid was om te sê dit sal ’n fout wees as Chuene as president aanbly.

Dié unie het gister ’n brief aan Makhenkesi Stofile, minister van sport, gestuur waarin Boland vra om teen Chuene beskerm te word.

Stander het gesê Boland is bang vir wat Chuene aan dié provinsie kan doen in ag genome die rol wat Wilfred Daniels en dr. Harold Adams van dié provinsie in die Semenya-sage gespeel het.

Daniels het as ASA-afrigter bedank uit protes teen ASA se hantering van die fiasko, terwyl Adams, ASA se spandokter, Chuene voor die Wêreldatletiekbyeenkoms in Berlyn vergeefs probeer oortuig het om Semenya aan die byeenkoms te onttrek.

Stander het gesê dit pla Boland ook dat Chuene al jare lank strydig met ASA se grondwet as president ’n salaris van dié organisasie ontvang.

“Chuene veg net vir Chuene, eintlik net vir sy salaris,” het Stander gesê.

- Beeld

 

Lees meer oor: asa  |  leonard chuene

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... My simpatie le by die pendelaars wat elke dag hulle lewens in die mense se hande moet sit om net by die werk en terug te kom. Die taxi bestuurders is ongelukkig ongelisensieerd (wettige lisensies). Van al die ongelukke wat ons die naweek van gelees het, het die bestuurders beheer oor die voertuie verloor. Hoe gebeur dit as jy binne die spoedperk is en nie kanse vat nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.