Chuene jammer, maar nie spyt
2009-09-19 15:59
Johannesburg - Leonard Chuene, die president van Atletiek Suid-Afrika (ASA) het Saterdag met waarheid na vore gekom en beken dat hy nie na Harold Adams, ASA se spandokter geluister het nie.
Adams het ASA geraadpleeg deur te sê Caster Semenya moet verkieslik uit die 800m -item by die Wêreld Atletiek-byeenkoms in Berlyn ontrek word.
Chuene het erken dat hy kennis gedra het van die geslagstoetse wat 7 Augustus in Pretoria op Semenya gedoen is.
Hy het om verskoning gevra dat hy die publiek mislei het.
Chuene het aan die media gesê hy het dit gedoen om Semenya se privaatheid te beskerm, maar besef nou dat hy verkeerdelik opgetree het.
Chuene het egter ook gesê hy sal nie om verskoning vra vir die feit dat hy Semenya laat hardloop het nie, asook vir die beskerming van haar privaatheid.
"Ons kon die saak baie beter hanteer het, maar so iets het nog nooit in ons land gebeur nie en ASA glo hulle het reg opgetree wanneer dit kom by die belange van die atleet,” het hy gesê.
Chuene het geweier om Semenya van die byeenkoms te ontrek sonder enige konkrete bewyse van die toetse.
Hy het nodig gehad om die toetse te sien en kon nie aleenlik op Adams se woord gegaan het om Semenya te ontrek nie.
Chuene voel egter dat Adams, wat saam met Semenya na Berlyn gereis het, haar moes inlig oor die stand van sake sodat sy haarself kon ontrek.
Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se mediese beamptes het ook ‘n geleentheid gehad om Semenya uit die 800m-item uit te haal, maar het nie.
Adams het gesê hy was nie in ‘n posisie om dit te doen nie. "My werk is om raad te gee. Die mense wat wel die mag daarvoor gehad het was Chuene en Phiwe Mlangeni-Tsholetsane, die span bestuurder,” het Adams gesê.
Chuene het aanvanklik toegestem om Semenya te ontrek, maar het die volgende oggend daarteen besluit, het 'n lid van die mediese paneel gesê.
Sprake van ontrekking was nooit met Semenya bespreek nie.
"ASA het ontken dat hulle Caster Semenya gebruikhet om goud vir Suid-Afrika in te palm. Ons verwelkom alle medaljes, maar ons doen dit nie teen koste van die atleet nie.
Die IAAF wag steeds op die resultate van die geslagstoetse wat op Semenya in Berlyn toegepas is.
- Sapa