Chrysler-baas se vrou 'steeds in skok' ná rooftog
2013-02-13 14:03
Johannesburg – Die vrou van Trent Barcroft, hoof- uitvoerende beampte van Daimler Chrysler, is steeds in skok nadat haar man geskiet en hulle beroof is, het die maatskappy Woensdag gesê.
"Sy is ongedeerd in die rooftog, maar sy is steeds baie geskok," het Richard Sloman, woordvoerder van die maatskappy, gesê.
Trent en Cathy Barcroft, wat Amerikaners is, is Dinsdag in Waterfall Park in Midrand van hul selfone, juwele en 'n handsak beroof.
Trent is in die maag geskiet en sterk steeds aan in die Sunninghill-hospitaal.
"Hy is steeds in die intensiewe sorgeenheid en sterk goed aan. Hy sal na verwagting ten volle herstel."
Jack Hilmer, woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, het gesê hulle neem kennis van die skietery, maar kan nie kommentaar lewer nie, omdat Trent 'n private burger is.
'n Bestuurafdeling by die maatskappy is tans in beheer tot Trent terugkeer werk toe.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA