Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Chris Barnard se 1ste vrou sterf

2011-04-25 07:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Louwtjie ­Barnard, die eerste vrou van prof. Chris Barnard, die wêreldberoemde hartpionier, is Saterdagaand hier in haar woonstel oorlede.

Mev. Barnard, wat Aletta Gertruida Louw gedoop is en as “Louwtjie” grootgeword het, was 87 jaar oud.

“Sy het verlede week ’n beroerte gekry. Sy was vir die laaste twee jaar nie gesond nie,” het haar dogter, Deidré Visser, Sondag gesê.

In 1967 het prof. Barnard die wêreld se eerste hartoorplanting – op mnr. Louis Washkansky (53) – in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad verrig.

“Sy was die vrou wat agter hom deur sy studies en navorsing gestaan het tydens die aanloop tot die hartoorplanting,” het Visser gesê.

“My ma was ook baie goed in naaldwerk en het ook my pa se hartkleppe gemaak.”

Die paartjie het mekaar juis ontmoet toe mev. Barnard ’n verpleegster by Groote Schuur was.

“My pa het altyd gesê sy het die mooiste oë gehad. Dit was juis die aantrekkingskrag,” het Visser gesê.

Volgens Visser was haar ma ’n baie private persoon en het sy verkies om uit die kollig te bly.

“My pa se woorde was altyd dat my ma nie genoeg erkenning gekry het vir die aandeel wat sy gehad het in die sukses van die hartoorplanting nie.”

Die Barnard-egpaar is in 1969 ná ’n huwelik van 22 jaar geskei.

Visser en dr. André Barnard is uit dié huwelik gebore. André is in die 1980’s oorlede.

Visser het die afgelope week langs haar ma se bed deurgebring.

Mev. Barnard het ’n woonstel met haar heeltydse omsieners, Vanessa Williams en Jean van Coller, en Henna Swart, ’n huiswerker, gedeel.

Visser onthou haar ma as ’n netjiese vrou wat altyd mooi aangetrek het, “twee uur lank haar make-up gedoen het” en geweet het wat sy in haar lewe wil hê.

“Sy was ’n sterk vrou, ’n baie sterk vrou.”

’n Gedenkdiens word op ­6 Mei in Maitland gehou waarna ’n private verassing sal volg.

Sy laat Visser, vier kleinkinders en twee agterkleinkinders agter.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

John Allers sê... riaan se plot is in niemandsland . Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.