Chaos oor metro-poste
2009-09-09 11:51
Durban - 'n Chaos het buite die Curries Fountain-stadion in Durban losgebars toe meer as 5000 mense aansoeke vir metropolisie-poste wou indien.
“Dis chaos hier. Meer as 5000 mense staan tou in die straat,” het supt. Joyce Khuzwayo Woensdag buite die stadion gesê.
300 opleidingsposte is glo in die koerant geadverteer.
“Mense was veronderstel om in te kom en hul aansoekvorms hier te los, maar dis chaos buite die stadion,” het Khuzwayo gesêl.
Volgens Khuzwayo sal die metropolisie volgende jaar, nadat dié 300 mense opgelei is, permanente poste adverteer.
- Sapa