Chaos in parlement oor wapens aan Libië

2011-03-24 07:32
Tweets Share Share line Print

Beeld

Kaapstad – David Maynier, DA-LP, is gister uit die parlement gejaag nadat hy by ’n minister wou weet hoe dit voel om “bloed aan sy hande te hê”.

Dit het tydens vraetyd in die Na­sionale Vergadering (NV) gebeur toe Jeff Radebe, as voorsitter van die nasionale komitee vir die beheer van konven­sionele wapens (NCACC), gesê het Suid-Afrika het wapens van meer as R80 miljoen aan Libië verkoop.

Hy het geweier om te sê of plaaslike vervaardigers verlede jaar ook 100 skerpskuttergewere en sowat 50 000 patrone daarvoor aan dié land verskaf het.

Dit het gebeur te midde van berigte van Libië dat kol. Muammar Gaddafi se magte besig is om ’n skrikbewind teen die Libiese bevolking te voer en dat sy skerpskutters mense in Misrata, die laaste westelike stad wat steeds onder rebellebeheer is, doodskiet.

Maynier wou by Radebe weet of dié skerpskuttergewere ook deel van die besending wapens was wat die NCACC goedgekeur het.

“As dit wel so is, agbare minister, sê ook asseblief vir ons hoe voel dit om bloed aan jou hande te hê,” het Maynier aan Radebe gesê.

Dit het ANC-LP’s laat ontplof. Adv. Mike Masutha het namens die regerende party kapsie gemaak.

Max Sisulu, speaker, het Maynier gevra om die opmerking terug te trek. Maynier het geweier, waarna Sisulu hom uitgejaag het. Die ampswag het hom na buite vergesel.

Volgens Radebe reguleer die Wet op die Nasionale Komitee vir die Beheer van Konven­sionele Wapens sedert 2003 alle wapenhandel en word die besonderhede van alle transaksies in die NCACC se verslae uiteengesit. Dít word jaarliks aan die parlement voorgelê.

Radebe het aan die NV gesê die NCACC het 75 permitte vir die verkoop van meer as 9 000 artikels aan Libië goedgekeur. Dis onduidelik of dít in die vorige boekjaar of vir die tydperk sedert 2003, toe die wet gepromulgeer is, was.

“Artikels wat verkoop is, sluit in: valskerms, verskillende soorte patrone, nagsig-toerusting, laserbeheerde afstandvinders, haelgewere en gepantserde voertuie. Die totale waarde beloop R80,86 miljoen.”

Ian Davidson, DA-hoofsweep, het kapsie gemaak omdat Radebe nie die vraag oor die skerpskutter­gewere wou beantwoord nie.

Sisulu het gesê omdat die oorspronklike vraesteller nie meer in die NV is nie, is dit Radebe se besluit of hy wil antwoord.

Radebe het besluit om nie te antwoord nie.

Maynier het gesê Radebe se weiering om duidelikheid oor die skerpskuttergewere te verskaf, plaas Suid-Afrika in ’n moeilike posisie: “Dit lyk nou of ons Ghaddafi eerder ondersteun.”

Toe die oproer in Libië uitgebreek het, het die Suid-Afrikaanse regering onmiddellik ’n verbod op alle wapenbesendings daarheen geplaas.

Die NCACC het ’n verbod geplaas op die uitvoer van wapens na enige land in die Midde-Ooste wat tans deur dreigende geweld geraak word.  

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: libië  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
32 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... My simpatie le by die pendelaars wat elke dag hulle lewens in die mense se hande moet sit om net by die werk en terug te kom. Die taxi bestuurders is ongelukkig ongelisensieerd (wettige lisensies). Van al die ongelukke wat ons die naweek van gelees het, het die bestuurders beheer oor die voertuie verloor. Hoe gebeur dit as jy binne die spoedperk is en nie kanse vat nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.