Chaos by Jub Jub-saak

2010-05-28 11:11
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Pandemonium het Vrydag losgebreek toe die hofsaak van die musikant Molemo "Jub Jub" Maarohanye en sy medebeskuldigde Themba Tshabalala uitgestel is.

Kort nadat beide verdagtes vir aanklagte van moord, roekeloos en nalatige bestuur en bestuur onder die invloed verskyn het, het die families van die vier slagoffers vir Jub Jub probeer bykom.

Een van die oorledenes se moeder het in trane uitgebars terwyl die ander familielede en vriende agter Jub Jub aangehardloop het. Hulle glo gegil en gevloek en probeer om Jub Jub te gryp.

Die polisie het hulle beste gedoen om die skare weg van die verdagte te hou, maar hulle is eenvoudig uit die pad gestoot.

Die polisie kon egter later daarin slaag om Jub Jub uit die hof te kry en het hom na ‘n naby geleë polisiestasie geneem. Hy sal na verwagting later onder polisie-begeleiding na veiligheid geneem word.

Volgens Diniswa Khambule, ouma van Prince Mahobe wat in die ongeluk gesterf het, is die vroue in die hof hartseer omdat dit die eerste keer is wat hulle die verdagtes te siene kry.

“Ons sal hom doodmaak. Hy moet kom jammer sê,” het Khambule gesê terwyl die huilende vroue mekaar getroos het.

Volgens haar was daar ander ooggetuies wat ook wou getuig in die saak maar is hulle glo deur die polisie weggewys.

Aan die begin van die hofsaak Vrydag was daar minder polisiebeamptes teenwoordig en moes Jub Jub tussen joernaliste sit en wag voordat die saak voorgekom het.

Die verdagtes sal weer op 30 Julie in die hof verskyn.

- Sapa

Volg Nuus24 op Twitter.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: ongelukke  |  kindersterftes  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... My simpatie le by die pendelaars wat elke dag hulle lewens in die mense se hande moet sit om net by die werk en terug te kom. Die taxi bestuurders is ongelukkig ongelisensieerd (wettige lisensies). Van al die ongelukke wat ons die naweek van gelees het, het die bestuurders beheer oor die voertuie verloor. Hoe gebeur dit as jy binne die spoedperk is en nie kanse vat nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.