Chaos bars los in Kaapstadse middestad

2011-08-16 12:22
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – 'n Chaos het kort voor middagete in die Kaapstadse middestad losgebars toe sowat 2 000 stakende munisipale werkers rommel in die strate gestrooi en die pad met brandende bande versper het.

"As hulle nie wil hoor nie, moet hulle voel. Ons sal nie terugkeer werk toe tot ons die verhoging gekry het nie," het Raymond Fredericks, 'n stakende werker, gesê.

Verskeie motors wat in Adderleystraat geparkeer was, se vensters is uitgeslaan en verkeer in die Kaapstadse middestad is ontwrig. Rommel was oral in die pad gestrooi en vullisblikke is ook aan die brand gesteek.

'n Ontstoke Jeremy Ruiters, wat blomme in Adderleystraat gekoop het, se bakkie se vensters is almal uitgeslaan. Ruiters het stakers in die pad getakel.

"Hoekom doen julle dit? Wie moet nou die skade betaal?" het hy aan hulle gesê.

Die staking deur munisipale werkers het Dinsdag sy tweede dag betree met die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regerings (Salga) wat 'n loonverhoging van 6,08% aanbied, terwyl die munisipale werkersunie Samwu 18% eis.

Meer as 150 000 lede het Maandag landswyd begin staak.

Die ontlustepolisie is onplooi om die oproerige stakers uiteen te jaag. Kort daarna het die brandweer opgedaag om die brande te blus.

Tientalle nuuskieriges het in Adderleystraat saamgedrom.

Given Mtembu, 'n straatverkoper in Adderleystraat, het gesê die stakers "was heeltemal buite beheer" en het van sy voorraad gesteel."

"Daar was so baie van hulle. Hulle het net verby gekom en my goed gegryp. Ek het maar nou besluit om my goed te pak en te gaan."

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder het gesê 13 stakers is in hegtenis geneem en is elk 'n boete van R500 opgelê.

"Die polisie sal die staking monitor en wet en orde handhaaf. Die polisie is op 'n gereedheidsgrondslag om enige voorvalle wat as gevolg van die staking veroorsaak is, te hanteer."

– Volg Nuus24 op Twitter

- Nuus24

Lees meer oor: kaapstad  |  stakings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
152 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... My simpatie le by die pendelaars wat elke dag hulle lewens in die mense se hande moet sit om net by die werk en terug te kom. Die taxi bestuurders is ongelukkig ongelisensieerd (wettige lisensies). Van al die ongelukke wat ons die naweek van gelees het, het die bestuurders beheer oor die voertuie verloor. Hoe gebeur dit as jy binne die spoedperk is en nie kanse vat nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.